Wat kan ek sĂȘ? Mooi so jong man!Moenie jou steur aan die volwasse twee-gesigde wat nou skielik skoner gewetes het as die witste kleed en optree asof hulle nie deel was van Suid-Afrika se verlede nie. Hulle probeer maar net hul plek vind in die nuwe Suid-Afrika se regverdige rassisme.
Dis jou demokraties reg om enige vlag te waai, net soos wat dit enige swart seun se reg is om met 'n motorband en vuurhoutjies in die pad af te loop. Moet jou ook nie steur aan die skole stelsel wat hul bes probeer om jou te laat skuldig voel oor iets wat jy nie eens 'n aandeel in gehad het.
Daar is mense wat enige simbool of teken van die verlede wil verander, en boonop eensydig verander om die punt tuis te bring van wie die mag het.
Persoonlik is daardie vlag, saam met ander simbole, 'n teken van wat ons verloor het in ons nuwe land. Ons volk het sy identiteit verloor, ons verpand ons taal, kultuur en trots op 'n daaglikse basis.
Dit is my hoop dat ouers hul kinders sal bewus maak van hul Afrikaner identiteit, trots op hul taal, op hul kultuur en op hul verlede, 'n verlede wat baie meer om die lyf het as Apartheid. Die toekoms is in jul hande...
0 comments:
Post a Comment